Beskikbare Poste
Korporatiewe Beheer / Maatskappy Sekretariële Beampte


ASL, ‘n gevestigde en toonaangewende ouditeurs- en rekeningkundige firma in Somerset-Wes benodig die dienste van ‘n professionele persoon vir die posisie van Ontvangsdame.

KORPORATIEWE BEHEER / MAATSKAPPY SEKRETARIËLE BEAMPTE

Benewens ’n Senior Sertifikaat en kennis van die Maatskappywet as minimum vereistes, verg hierdie aanstelling bewese ervaring in ’n soortgelyke omgewing en posisie, sowel as vaardighede in Microsoft Word, Excel en Outlook. Verder sal ervaring in die gebruik van Accfin-sagteware in die kandidaat se guns tel.

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir, onder meer, die:
- stigting en verandering van maatskappye namens kliënte;
- lewering van statutêre dienste, met betrekking tot die byhou van maatskappyrekords, dividendrekords en notules; en
- indiening van jaarlikse opgawes, asook die administratiewe en finansiële nakoming daarvan.

Die persoon moet onder druk kan funksioneer, onafhanklik kan werk, inisiatief kan neem, en oor uitsonderlike administratiewe vaardighede beskik. ’n Verdere vereiste is dat die kandidaat taalmagtig is in beide Afrikaans en Engels.

Ten einde aansoek te doen vir die pos, moet ’n verkorte CV, asook die salarisverwagting aan hr@asl.co.za gestuur word.

Doen Aansoek
ASL_WebLogo_Small2015_Raising.png
Ouditeure | Geoktrooieerde Rekenmeesters | Adviserend | Trust

2017/2018 Belastinggids Beskikbaar Hier
Trident Park, 1 Niblickweg, Somerset Wes, 7130
Tel: 021 840 1600 | Faks: 021 840 1601 | E-pos: info@asl.co.za

Button_Email_M.PNG Button_FB_W.PNG Button_Twitter_W.PNG Button_LinkedIn_W.PNG Button_Blog_W.PNG Button_Insta_W.PNG Button_YouTube_W.PNG

BTW No. 4290192410 | Reg. No. 2000/026621/21 | ASL Ing. Alle Regte Voorbehou - 2016
Powered by SucceedGroup