Die ASL Manier
ASL is trots daarop dat ons voortdurend ons visier hoër stel ten einde ons innoverende benadering te bevestig en te verseker dat u die diens ontvang wat u behoeftes bevredig.

Ons fokus op ons kliënte en ons personeel want ons weet dat tevrede kliënte die sleutel tot 'n suksesvolle besigheid is. Ons besef ook dat die enigste wyse waarop kliënte se tevredenheid verseker kan word is deur 'n beter diens te lewer as wat hulle verwag en deur hul beste belange op die hart te dra. Daarom is die bou van sterk verhoudinge en die vestiging van vertroue 'n kardinale element van die manier waarop ons te werk gaan.

Dit is slegs as ons personeel gelukkig is dat hoë vlakke van dienslewering verseker kan word en dat waarde aan kliënte se ervaring toegevoeg kan word. Bemagtiging van ons personeel, die bou van persoonlike verhoudinge, die skep van 'n aangename werkomgewing en die bevordering van 'n balans tussen werk en persoonlike lewe, dra baie by om diens te verseker wat voortdurend aan die verbeter is.
ASL_WebLogo_Small2015_Raising.png
Ouditeure | Geoktrooieerde Rekenmeesters | Adviserend | Trust

2017/2018 Belastinggids Beskikbaar Hier
Trident Park, 1 Niblickweg, Somerset Wes, 7130
Tel: 021 840 1600 | Faks: 021 840 1601 | E-pos: info@asl.co.za

Button_Email_M.PNG Button_FB_W.PNG Button_Twitter_W.PNG Button_LinkedIn_W.PNG Button_Blog_W.PNG Button_Insta_W.PNG Button_YouTube_W.PNG

BTW No. 4290192410 | Reg. No. 2000/026621/21 | ASL Ing. Alle Regte Voorbehou - 2016
Powered by SucceedGroup