Direkteure
Pieter Aucamp
Pieter Aucamp
Direkteur, ASL Group

mail.png
in.png
Lees Profiel

Pieter Aucamp het in 1989 aan die Kalahari Hoërskool in Kuruman gematrikuleer en daarna sy tersiêre kwalifikasies aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Hy het sy klerkskap by Coopers and Lybrand gedoen. Na sy klerkskap en kwalifisering as 'n geoktrooieerde rekenmeester het hy sy diens in die belastingafdeling van Coopers and Lybrand voortgesit en 'n MCom (Belasting) aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. In 1998 koop hy die ouditfirma Philip Marais & Kie, voorganger van ASL.

Pieter dien nie alleen 'n wye kliëntebasis as adviseur en ouditeur nie. Hy fokus in die besonder op boedel- en opvolgbeplanning waar sy tegniese kundigheid en ervaring en sy geesdrif vir menseverhoudinge en -interaksie, bydra tot die behaal van puik resultate.

Hy is ook verantwoordelik vir die dienste wat gelewer word deur ons filiaal, ASL Trustdienste.

Benewens die feit dat Pieter die stigter van ASL en direkteur van die ASL groep van maatskappye is, is hy op direksie- en adviserende vlak betrokke by verskeie organisasies sonder winsoogmerk en by ander ondernemings.

Pieter en sy vrou, Alette, het twee seuns. Hy hou van jag, perdry, lees, speel met sy seuns en uiteet met sy vrou.

Kyk Minder

Arnold Scholtz
Arnold Scholtz
Direkteur, ASL Group

mail.png
in.png
Lees Profiel

Arnold Scholtz het aan die Hoërskool Outeniqua gematrikuleer en sy tersiêre kwalifikasies aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Na suksesvolle voltooiing van sy professionele eksamens en van sy klerkskap by die firma nou bekend as ASL, het hy einde 2001 as 'n geoktrooieerde rekenmeester gekwalifiseer. Hy was 'n kort tydjie as ouditbestuurder by ASL werksaam voordat hy in 2002 as 'n direkteur aangestel is.

Hy dien 'n uiteenlopende kliëntebasis wat steun op al die dienste wat deur die groep aangebied word en is tegelykertyd verantwoordelik vir die dienste wat deur ons filiaal, ASL Advisory, gelewer word.

Arnold blink uit in situasies wat alternatiewe denkwyses vereis en beskik oor 'n ingewortelde vermoë om praktiese oplossings vir ingewikkelde probleme te vind.

Benewens sy rol as 'n direkteur van die ASL groep van maatskappye is Arnold in 'n nie-uitvoerende en strategiese hoedanigheid betrokke by verskeie ander ondernemings.

Arnold en sy vrou, Magda, het twee seuns en 'n dogter. Hy is lief vir jag, bergfietsry en goeie wyn, en stel besonder belang in die inligtingstegnologie en vernuwende apparaatjies.

Kyk Minder

Christa Swart
Christa Swart
Direkteur, ASL Group

mail.png
in.png
Lees Profiel

Christa het in 2003 aan die Hoërskool Porterville gematrikuleer. Sy het die grade BRek en BRekHons aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Sy het in 2008 met haar klerkskap by die destydse BGR Aucamp Scholtz begin en is, nadat sy as geoktrooieerde rekenmeester gekwalifiseer het, in 2011 as ouditbestuurder aangestel. Sy word in Maart 2012 'n direkteur van ASL.

Christa se besondere fokusterrein is oudit- en risikobestuur. Haar fyn oog vir detail tesame met uitsonderlike tegniese vaardigheid steun haar nie alleen in haar rol as tegniese adviseur vir haar kliënte nie maar ook as tegniese leier in ASL vir alle oudit- en rekeningkundige aangeleenthede.

Christa en haar man, Ben, het 'n dogter. Sy geniet goeie kos en wyn, hou daarvan om te kook en te onthaal en is lief vir binnenshuise versiering.


Kyk Minder

Jaco Van Straaten
Jaco Van Straaten
Direkteur, ASL Group

mail.png
in.png
Lees Profiel

Jaco het aan die Hoërskool Pietersburg gematrikuleer en die grade BCompt en BComptHons aan Unisa verwerf. Hy het sy klerkskap by Diemont, Zimmerman & Bolink in Pietersburg gedoen en in 2010 as geoktrooieerde rekenmeester gekwalifiseer. Hy het verdere ondervinding by die regsfirma Heyns en Vennote opgedoen voordat hy in 2011 as 'n ouditbestuurder by ASL aangesluit het. Hy is in Januarie 2013 bevorder tot assosiaat met primêre verantwoordelikheid vir die belastingafdeling en is in 2014 as 'n direkteur aangestel.

Jaco se besondere fokusterrein is belastingnakoming en –administrasie, waarvan geskiloplossing 'n integrerende deel is. Na voltooiing van die Gevorderde Program in Belasting in 2014 is hy nog beter toegerus om sy leidende rol op hierdie gebied te vervul

Hoewel Jaco in die eerste plek 'n passie vir belasting het is hy ook 'n verskeidenheid kliënte met rekeningkundige-, sekretariële- en konsultasiebehoeftes van diens.

Jaco, wat met Trinette getroud is, is 'n sportliefhebber en hou ook van bergfietsry, jag en die buitelewe.

Kyk Minder

Joanie Viviers
Direkteur, ASL Advisory

mail.png
in.png
Lees Profiel

Joanie het die graad BRekLLB in 2007 aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf en die BRekHons in 2009 aan Unisa. Sy het haar klerkskap in 2010 by LDP voltooi en kwalifiseer in Februarie 2012 as geoktrooieerde rekenmeester. Sy het haar klerkskap as kandidaatprokureur in 2012 by Cluver Markotter voltooi en is in Februarie 2013 toegelaat as prokureur van die Hoë Hof van Suid-Afrika.

Joanie geniet perdry en draf en om kwaliteit-tyd deur te bring op die familieplaas naby Beaufort-Wes.

Kyk Minder

Malan Botha
Direkteur, ASL Advisory

mail.png
in.png
Lees Profiel

Malan het in 2002 aan die Hoërskool Outeniqua gematrikuleer en, nadat hy in die buiteland en Stellenbosch gewerk het, in 2007 by die Universiteit van Stellenbosch ingeskryf. Hy het die grade BCom en BComHons in Bestuursrekeningkunde onderskeidelik in 2009 en 2010 verwerf. Hy is na voltooiing van sy klerkskap by ASL, in 2014 as Bestuurder van Besigheidontwikkeling by ASL aangestel. In dieselfde jaar het hy ook as Assosiaat Geoktrooieerde Bestuursrekenmeester gekwalifiseer. Hy is in Maart 2015 as 'n direkteur van ASL Advisory aangestel.

Hy is baie entoesiasties oor die veld van Bestuursrekeningkunde. Hierdeur aangevuur is hy hoofsaaklik gemoeid met besigheidswaardasie, besigheidsintelligensie-verslagdoening en verskeie terreine wat verband hou met besigheidsbelegging en -prestasie.

Malan geniet musiek, goeie geselskap, die buitelewe en sport.

Kyk Minder

ASL_WebLogo_Small2015_Raising.png
Ouditeure | Geoktrooieerde Rekenmeesters | Adviserend | Trust

2017/2018 Belastinggids Beskikbaar Hier
Trident Park, 1 Niblickweg, Somerset Wes, 7130
Tel: 021 840 1600 | Faks: 021 840 1601 | E-pos: info@asl.co.za

Button_Email_M.PNG Button_FB_W.PNG Button_Twitter_W.PNG Button_LinkedIn_W.PNG Button_Blog_W.PNG Button_Insta_W.PNG Button_YouTube_W.PNG

BTW No. 4290192410 | Reg. No. 2000/026621/21 | ASL Ing. Alle Regte Voorbehou - 2016
Powered by SucceedGroup