Bestuurders
Lizaan Swart
Fianansiële Bestuurder

mail.png
in.png
Lees Profiel

Lizaan, wat oorspronklik van Robertson is, het die N5-diploma in Finansiële Bestuur in 1995 aan die Stellenbosch Kollege verwerf. Daarna het sy gewerk as sekretaresse van die Hoërskool Napier en van die Hoërskool Robertson, en was sy boekhouer by Zandvliet Winery, debiteureklerk by De Jong Drukkers in Robertson, en kantoorbestuurder van PricewaterhouseCoopers in Montagu. Sy is in 2006 as boekhouer by BGR Aucamp Scholtz (nou ASL) aangestel. Sy het in 2008 Finansiële Bestuurder geword.

Lizaan geniet dit om met vriende en familie te sosialiseer. Sy is lief vir pluimbal en is ’n gekwalifiseerde skeidsregter in dié sportsoort.


Kyk Minder

Alicia Viljoen
Alicia Viljoen
Ouditbestuurder

mail.png
in.png
Lees Profiel

Alicia het die graad BRek in 2008 aan die Universiteit van Stellenbosch en die BRek in 2010 aan Unisa verwerf. Sy slaag beide haar kwalifiserende eksamens en het haar klerkskap by Greenwoods in 2012 voltooi waarna sy by ASL aangestel is as ouditbestuurder.

Alicia is lief vir kook en bak en sy eksperimenteer graag met nuwe resepte. Sy neem ook deel aan bergfietsry as deel van 'n gesonde lewensstyl en geniet die natuur in haar vrye tyd.


Kyk Minder

Jacques Lochner
Jacques Lochner
Ouditbestuurder

mail.png
in.png
Lees Profiel

Jacques is in Pretoria gebore en het in Grabouw en Somerset-Wes grootgeword. Hy het sy BRekHons in 2010 aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi en in 2014 as 'n geoktrooieerde rekenmeester gekwalifiseer. Hy het sy klerkskap by Mazars in Kaapstad gedoen en daarna nog ‘n jaar by hulle aangebly as ouditsenior. As ouditsenior het Jacques ook vir Mazars in New York werk gedoen. Hy het ook een jaar ondervinding buite die ouditbedryf opgedoen. Vir ontspanning geniet Jacques dit om tyd in die buitelug deur te bring, om ‘n bietjie kultuur in die vorm van teater- en musiekopvoerings te ervaar en veral om wynplase en restaurante te besoek.


Kyk Minder

Retha Hamilton
Ouditbestuurder

mail.png
in.png
Lees Profiel

Retha het in Nigel groot geword en in Somerset Wes gematrikuleer. Sy het haar BRek en BRekHons op Stellenbosch in 2011 en 2012 onderskeidelik verwerf. Sy het haar klerkskap by Deloitte in 2015 voltooi en beide kwalifiserende eksamens eerste keer geslaag. Sy het toe as assistant bestuurder by Deloitte se Leeds kantoor gaan werk in Engeland, waarna sy by ASL as oudit bestuurder aangesluit het in Mei 2016. Sy is verloof aan Don, ‘n bedryfsingenieur. Sy spandeer graag tyd saam die familie, langs die viswaters en buite in die natuur. Sy geniet dit ook om netbal te speel en rugby en krieket te kyk.


Kyk Minder

Adrian de Geus
Adrian de Geus
Kleinsakebestuurder

mail.png
in.png
Lees Profiel

Adrian het aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer waar hy in 2007 die graad BCom (Finansiële Rekeningkunde) verwerf het. Hy het sy leerkontrak by Confiance gedoen en in 2011 die SAIPA-eksamen geslaag tydens sy verblyf van 'n jaar in Londen. Hy is in 2012 as 'n direkteur van Confiance aangestel en het in September 2013 by ASL aangesluit.

Adrian se buitebelange sluit motorsport en muurbal in en hy sosialiseer ook graag met vriende.


Kyk Minder

Wilma Perold
Wilma Perold
Kantoorbestuurder

mail.png
in.png
Lees Profiel

Wilma het die Hoër Onderwysdiploma (Junior Primêr) in 1988 aan die NMMU verwerf. Sy was tot 1994 ’n lugwaardin in die Suid-Afrikaanse Lugdiens en het in 2001 by Pieter Aucamp Ingelyf (nou ASL) diens aanvaar.

Wilma het 'n dogter wat aan die Universiteit van Kaapstad studeer en 'n seun in die Hoërskool Parel Vallei. Sy is lief vir tuinmaak en naaldwerk. Haar voorliefde vir probleemoplossing, stelsels en rekenaars maak dat haar werk vir haar 'n stokperdjie is.


Kyk Minder

Megan Marais
Megan Marais
HR Bestuurder

mail.png
in.png
Lees Profiel

Megan het Bedryfsielkunde aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer en in 2014 haar Meestersgraad (cum laude) verwerf met ‘n verhandeling getiteld "The development and empirical evaluation of a work engagement structural model". In 2015 het sy haar geakkrediteerde Bedryfsielkunde-internskap voltooi. Sy is as Bedryfsielkundige geregistreer by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (HPCSA). Megan is passievol oor die maksimalisering van individuele potensiaal in die werkomgewing. In haar vrye tyd geniet sy dit om ? aktiewe leefstyl te volg, as ook die buitelug, kos- en wynproe, en om tyd saam met haar familie en vriende te spandeer.


Kyk Minder

ASL_WebLogo_Small2015_Raising.png
Ouditeure | Geoktrooieerde Rekenmeesters | Adviserend | Trust

2017/2018 Belastinggids Beskikbaar Hier
Trident Park, 1 Niblickweg, Somerset Wes, 7130
Tel: 021 840 1600 | Faks: 021 840 1601 | E-pos: info@asl.co.za

Button_Email_M.PNG Button_FB_W.PNG Button_Twitter_W.PNG Button_LinkedIn_W.PNG Button_Blog_W.PNG Button_Insta_W.PNG Button_YouTube_W.PNG

BTW No. 4290192410 | Reg. No. 2000/026621/21 | ASL Ing. Alle Regte Voorbehou - 2016
Powered by SucceedGroup